Stappe teen tieners wat drink moet geneem word
Die Suider-Afrikaanse Alkohol-beleidsalliansie het die regering versoek om stappe te doen vir die vermindering van alkoholverwante sterftes onder tieners. Dit volg ná die dood van nog ‘n tiener wat ‘n penne-neersit-partytjie in die Oos-Kaap bygewoon het. Die slagoffer is na bewering in sy plakkershut verbrand aangetref, nadat hy vermoedelik onder die invloed was. Terri-Liza Fortein van SAAPA het strenger regulasies oor die toeganklikheid van alkohol, advertensies en pryse voorgestel: