Salaris-onderhandelings met staat lei tot spanning tussen vakbonde

Die Namibiese Onderwysersunie en die vakbond vir staatsamptenare Napwu staan bakhand vir salarisverhogings van 8 persent. In Augustus verlede jaar het die regering geskarrel om ‘n staking af te weer en die meer as 107 000 staatsamptenare ‘n drie persent verhoging gegee, die eerste in jare. Amper die helfte van die begroting gaan aan die regering se salarisstaat, maar staatsamptenare sê hulle ly onder die kwaai prysstygings. Kosmos 94.1 Nuus het met Mahongora Kavihuha, die sekretaris-generaal van die onderwysersunie, gepraat oor waar hulle nou staan met onderhandelings.