Konstruksiewerkers kan hoër pensioenbydraes maakJuly 6, 2023
Nadat die registrateur van Pensioenfondse onder die vaandel van die Namibiese Finansiële Instellings Toesighoudende Owerheid, Namfisa, aansoek gedoen het vir reëlwysigings, maak die Namibiese Bouwerkers-pensioenfonds nou voorsiening vir hoër vlak maandelikse bydraes van beide die lid en die werkgewer onderskeidelik. Voorheen was die maandelikse ledebydraes beperk tot ‘n koers van 4 persent van sy of haar salaris. Dit het verander en die reëlwysiging maak voorsiening vir lede se maandelikse bydraes wat hoër as 4 persent is. Enwich Kazondu, van die fonds het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.