DA soek permanente oplossing vir onwettige zama-zamas
Die leier van die DA-koukus in die Ekurhuleni-metro, Tania Campbell, het ‘n beroep gedoen op die ANC om vorendag te kom met ʼn permanente oplossing om onwettige mynbou stop te sit. Dit volg nadat ʼn gassilinder met nitraat-oksied Woensdagaand weens onwettige mynbou by die Angelo informele nedersetting in Boksburg gelek het. Die dodetal is nou 17. Volgens die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, was die jongste slagoffer ʼn baba van een jaar oud. Campbell sê die zama-zamas benadeel die ekonomie en veroorsaak sterftes deur hulle optrede.