Burgemeester betreur Boksburg-sterfgevalle
Ekurhuleni se burgemeester, Sivuyile Ngodwana, sê hy is verpletter oor die dood van 16 mense ná ‘n gaslek by die Angelo-plakkerskamp in Boksburg aan die Gautengse Oos-Rand. Nitraatoksied het uit ‘n gassilinder gelek wat zama-zamas gebruik in hulle mynbedrywighede wat uit ‘n plakkershut in die nedersetting bedryf word. Onder die mense wat in die onmiddellike omgewing dood is, was drie kinders en vyf vroue. Sestien ander is in die hospitaal opgeneem. Ngodwana sê onwettige mynbedrywighede moet dringend aandag kry: