Walvis se soektog na uitoverende hoof begin vir derde keer
Nes Stad Windhoek, sukkel Walvisbaai se munisipaliteit om ‘n uitvoerende hoof aan te stel. Gerson Karaerua, voormalige waarnemende hoof van die Paaie-owerheid, was die enigste aansoeker maar het net 45 punte in die onderhoudsproses behaal. Die pos is reeds sedert 2021 vakant nadat die raad nie Muronga Haingura se kontrak hernu nie. Die voorsitter van die raad Richard Hoaeb het aan plaaslike media bevestig dat die hele proses ‘n derde keer oor begin moet word. Die pos is reeds weer geadverteer.