Mashatile se manne: Niemand is bo die wet verhewe nie

Die GOOD Party sê niemand is bo die wet verhewe nie en dit sluit dié in wat veronderstel is om die land se adjunkpresident te beskerm. Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat ondersoek Paul Mashatile se BBP-eenheid ná ‘n video op sosiale media waarin gesien word hoe lede van die eenheid motoriste op ‘n Johannesburgse hoofweg skop en slaan. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê hierdie veragtelike gedrag van die eenheid se lede moet sterk veroordeel word: