Uis-inwoners wil eiendom besit
Inwoners van die myndorpie Uis in die Erongo-streek sê toegang tot voldoende behuising bly ’n uitdaging 33 jaar ná onafhanklikwording. Sowat 500 gemeenskapslede huur al vir meer as 65 jaar huise en sê hulle is moeg daarvoor om huur te betaal en wil eiendom besit. Die president van die United Democratic Front, Apius Auchab, is tevrede met besprekings tydens ‘n openbare vergadering oor behuising. Hy meen inwoners se skuld moet onmiddellik afgeskryf word.