Staat moet SME’s help ontwikkel – BBLNJuly 4, 2023
Volgens First National Bank Namibia speel klein en medium ondernemings ‘n belangrike rol in die land se ekonomiese stabiliteit en behoort hulle meer ondersteuning te ontvang. Dit is om hulle in staat te stel om by te dra tot werkskepping in die land, veral gegewe die huidige hoë jeug-werkloosheidsyfers. FNB Namibia het 85 miljoen Namibiese dollar uitbetaal uit 150 miljoen dollar wat aan die bank toegeken is deur die SME Economic Recovery Loans-skema van die ministerie van finansies en openbare ondernemings in samewerking met die Bank van Namibië. Die voorsitter van die Black Business Leadership Network of Namibiar, Eliphas Simon, het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee en gesê dit is nie banke se mandaat om klein en medium ondernemings te ontwikkel nie, maar die staat s’n.