Sintetiese diamante hou bedreiging vir Nam-bedryf inJuly 4, 2023
Ten spyte van die wêreldwye oplewing vir volhoubare laboratorium-gekweekte diamante, het Namibië tans geen regulasies wat vervaardigers van sintetiese diamante verhoed om dit as natuurlike diamante te bemark en te verkoop nie. Die minister van myne en energie Tom Alweendo het die 12 lede van Diamantraad van Namibië bekendgemaak wat van 1 Junie vanjaar tot 31 Mei 2026 sal dien. Volgens hom is die grootste uitdaging waarmee die wêreldwye diamantbedryf te kampe het, kunsmatig vervaardigde diamante wat presies soos natuurlike diamante lyk, maar Namibië het nie regulasies wat spesifiek handel oor sintetiese diamante in die mark onder valse voorwendsel van natuurlike diamante nie. Alweendo sê dat sintetiese diamante teen laer koste geproduseer word en waarskynlik ‘n deel van die diamantmark sal lok, wat ‘n negatiewe impak het op lande se ekonomieë wat natuurlike diamante produseer.