Jong vrou fokus op omgewingsvriendelike haarprodukteJuly 3, 2023

’n Jong wetenskaplike se vernuwende en omgewingsvriendelike haarprodukte het ‘n revolusionêre uitwerking op die skoonheidsbedryf. Sabrina Khoosal doen tans dié baanbrekerswerk as ‘n haarproduk-ontwikkelingswetenskaplike en projekleier by L’Oréal Suid-Afrika. Khoosal fokus op eko-vriendelike oplossings, en sê sy werk toegewyd om haarprodukte van hoë gehalte te vervaardig wat veilig is vir verbruikers sowel as die omgewing. Khoosal se ekologies-vriendelike produkte baan die weg vir ‘n meer eko-bewuste benadering tot skoonheid.