Utoni Nujoma nie geskik vir Chinese handelsforum nie

Reaksie word ontvang na aanleiding van die nuus dat Utoni Nujoma, die Namibiese arbeidsminister in China is vir ‘n handelsforum wat handel tussen China en die Afrika-vasteland bevorder. Vrae word gevra oor hoekom Nujoma daar is omdat dit nie deel van sy portefeulje uitmaak nie. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die leier van die PDM, McHenry Venaani vir sy mening in die verband. Hy meet Nujoma is nie geskik vir die geleentheid nie.

En oor of die Swapo-party Nujoma dalk voorberei vir ‘n nuwe portefeulje in die volgende kabinet, het Venaani die volgende te sê gehad.