Toerisme verbeter aansienlik in die Kaap

Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê sy is tevrede dat toerisme in die eerste vyf maande van die jaar volgehoue verbetering getoon het en dat buitelandse besoekers se getalle aansienlik bly. Die provinsie het verlede maand in vyf streke ‘n toename van 54 persent by 14 besienswaardighede getoon. Wenger sê die Verenigde Koninkryk is tussen Januarie en Mei die grootste toerisme-bronmark vir lugverkeer na die Wes-Kaap, gevolg deur Duitsland, Amerika, Nederland en Frankryk.