Met al die uraanbronne is kernkrag ‘n beter opsie as groen-waterstof – Nashinge
Vrae word gevra oor hoekom Namibië groen-waterstof najaag terwyl die land onder die top-vyf uraanprodusente in die wêreld is. Imms Nashinge, die woordvoerder van die IPC-party, sê op sy sosiale media dit is skokkend dat die land nie eerder in kernkrag belê nie. Hy sê dit is ‘n beproefde manier op krag op te wek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.