Macron roep sy kabinet vir tweede keer byeen

Die Franse President Emmanuel Macron het vanoggend sy kabinet vir ‘n tweede krisisvergadering in twee dae byeengeroep, ná die mees wydverspreide opstande vir ‘n derde nag na die noodlottige skietery van ‘n tiener deur die polisie. Minstens 667 mense is oornag regoor Frankryk in hegtenis geneem terwyl oproeriges met die polisie in verskeie stede gebots het, winkels en banke afgebrand en motors brand gesteek het. Macron het tot dusver die afkondiging van ‘n noodtoestand uitgesluit.