Kenner is skepties oor kernkrag vir Namibië

Die Suid-Afrikaanse energiekenner en –ekonoom Chris Yelland sê terwyl kernkrag ‘n beproefde manier is om krag op te wek, is hy skepties oor die toepassing daarvan in Namibië. Hy het gereageer op kommentaar deur Imms Nashinge dat die Swapo-regering eerder na die opsie moet kyk veral met die uraanbronne in die land, as om op groen-waterstof te konsentreer. Yelland sê kernkrag is nie die beste opsie nie. Hy verduidelik.