Cyril vrygespreek van Phala Phala-aangeleentheid
Die kantoor van die Openbare Beskermer het President Cyril Ramaphosa vrygespreek in die Phala Phala-skandaal. Die waarnemende beskermer, Kholeka Gcaleka, het aan die media gesê geen bewyse in die ondersoeke dui daarop dat Ramaphosa werk op, of vergoeding ontvang van Phala Phala nie. Sy sê die Inkomstediens het aangedui Ramaphosa en sy onderneming wat die plaas bestuur, Ntaba Nyoni Estates, voldoen aan belastingvereistes. Gcaleka sê haar kantoor het bevind Ramaphosa het nie die Uitvoerende Etiek-kode oortree nie: