Bongi sê dinge is anders in die Bok-kamp

Die Springbok-haker, Bongi Mbonambi, sê die gevoel in die Bok-kamp is nou anders as in 2019, terwyl hulle voorberei vir vanjaar se Wêreldbekertoernooi in Frankryk. Suid-Afrika gaan probeer om die titel te behou wat hy vier jaar gelede in Japan gewen het. Die Bokke begin hulle seisoen volgende naweek met ʼn verkorte Rugbykampioenskap. Volgens Mbonambi is die span nou meer gevestig, maar hulle weet hulle kan nie dinge net dieselfde doen nie: