Biden sê regstellende aksie word nie reg verstaan nie
President Joe Biden ondersteun nie die Amerikaanse hooggeregshof se beslissing oor regstellende aksie en toelating by Amerikaanse universiteite nie. Die beslissing, wat regstellende aksie in die verband ter syde stel, word deur Asiatiese Amerikaners verwelkom omdat hulle meen daar was teen hulle gediskrimineer as gevolg van die wetgewing. Biden sê regstellende aksie word verkeerd verstaan.