Miljoene hektaar in ’21, ’22 afgebrand… keer so vanjaar
Die omgewingsministerie doen ‘n beroep op lede van die publiek, boere en eiendomseienaars om maatreëls in plek te stel om die risiko van veldbrande te verminder. Namibië se brandseisoen begin in April en eindig normaalweg in September. In 2021 het die land ‘n totaal van 3 miljoen hektaar verloor terwyl 2,4 miljoen hektaar in 2022 afgebrand het. Romeo Muyunda, woordvoerder by die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Hy het ook ’n paar wenke gedeel om veldbrande te voorkom…