Zim-inflasie verdubbel tot amper 180%
Zimbabwe se jaarlikse inflasiekoers het vir die eerste keer in vyf maande driedubbelsyfers bereik nadat verskeie devaluasies van die plaaslike geldeenheid pryse laat styg het. Die gemengde verbruikersprysindeks, het in Junie met 175,8 persent gestyg van 86,5 persent die vorige maand. Pryse het in die maand met 74,5 persent geklim, vergeleke met 15,7 persent in Mei. Die Konfederasie van Zimbabwiese Nywerhede, die land se grootste bedryfsvereniging, het in ‘n verslag voor die vrystelling gesê dit is onwaarskynlik dat die maandelikse inflasieteiken wat deur owerhede van tussen 1 tot 3 persent gestel is vanjaar bereik sal word.