Xinfeng kry sy interdik maar, regter sê daar was bedrog in aansoek

Die Namibiese ministerie van myne en energie weier om kommentaar te lewer oor die hoërhof se uitspraak ten gunste van die Chinese litium-mynmaatskappy Xinfeng Investments. Regter Ramon Maasdorp het in die guns van Xinfeng bevind in sy aansoek om die opheffing van sy lisensie deur lynminister Tom Alweendo ter syde te laat stel en het in die eerste deel van die aansoek, ‘n interdik teen enige stappe teen Xinfeng toegestaan. Andreas Simon, woordvoerder by die ministerie sê die hoofaansoek, die opheffing van die mynlisensie, moet nog aangehoor word en dus is die saak sub judice. Maar, daar is uitdagings… die kwessie van litiumontginning in die Uis-omgewing het uiters omstrede geword met Alweendo wat gesê het die maatskappy was nie eerlik in sy aansoek nie en die Uis-gemeenskap wat sê daar is geen voordeel vir hulle met die Chinese se teenwoordigheid nie. Maasdorp het bevind dat daar wel bedrog was in Xinfeng se aansoek. Intussen het die Namibiese kabinet op 13 April ‘n verbod op die uitvoer van sekere kritieke minerale wat onverwerkte litium-erts insluit, goedgekeur. Kleiner hoeveelhede uitgevoer word, maar volgens oorweging deur die lynministerie, en onderhewig aan die bekragtiging van die kabinet. Die hoofaansoek sal op 7 Julie aangehoor word.