VSA stel sanksies in teen Wagner-vennote
Die Amerikaanse Tesourie het sanksies ingestel teen vier maatskappye wat beskuldig word van onwettige goudtransaksies om die Wagner-groep van fondse te voorsien. Die maatskappye in die Verenigde Arabiese Emirate, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Rusland, se befondsing het die groep huursoldate help onderhou en laat uitbrei in lande soos Oekraïne en sommige Afrikalande. Die tesourie sê Amerika sal voortgaan om die Wagner-groep se inkomstebronne te teiken om sy uitbreiding en geweld in Afrika, Oekraïne en ander lande te bekamp. Intussen het die Kremlin ook aangekondig dat ondersoek ingestel sal word na die 1 miljard Amerikaanse dollar wat die Russiese regering in 2022 aan Wagner betaal het, terwyl huursoldaat-maatskappye onwettig in Rusland is.