Trump lewer verskeie weergawes van opname oor Iran-aanvalsplan
Oudpresident Donald Trump se dokumente-saak bly in die nuus. Hy sê hy het geensins oor aanvalsplanne teen Iran gepraat nie maar eerder oor planne vir ‘n nuwe gholfbaan. Die oudio oor die aangeleentheid is Dinsdag bekend gemaak. In ‘n latere onderhoud met ABC News het hy ‘n ommekeer gemaak. Hy het aan die nuuskanaal gesê dit was bravade. Hy sê hy het gepraat en net papiere vasgehou en daaroor gepraat, maar hy hou vol hy het nie dokumente gehad nie. En toe, nog later, het hy met Fox News gepraat.