Junior Bokspan vir Donderdag bekend
Die hoofafrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, het sy span bekendgemaak wat Donderdag in die Paarl teen Italië te staan kom in hulle tweede Groep C-wedstryd van die Wêreldrugby onder-20-kampioenskap. Paul de Villiers sal weer die span aanvoer as een van vyf spelers wat verlede naweek in die openingswedstryd teen Georgië in die opdrafspan was. Nhleko het ook vyf nuwelinge in sy beginspan ingesluit: