Jongmense moet etiese loopbaan-besluite maak
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres sê wanneer jongmense besluite oor hul loopbane maak, moet hulle hulself weerhou van maatskappye wat die planeet vernietig, privaatheid steel en met leuens en haat handel dryf. Hy sê die mag lê by die jeug.