ActionSA sê daar’s twyfelagtige steenkooltenders in Limpopo
ActionSA sê hy het amptelike dokumente bekom wat ‘n twyfelagtige steenkoolvoorsieningstender blootlê wat die Departement van Gesondheid in Limpopo uitgereik het. Volgens die party is dit selfs meer verwarrend omdat sommige van die hospitale wat in die tender aangegee word, geen steenkoolgeriewe het nie en nog nooit voorheen steenkool gebruik het nie. ActionSA se provinsiale voorsitter, Sello Lediga, sê dit is nie die eerste keer dat die departement by twyfelagtige tenders en korrupsieskandale betrek word nie: