Venaani eis antwoorde oor Air Namibia werkers, en bates

McHenry Venaani, die leier van die PDM-party het kennis gegee dat hy verskeie vrae aan die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila sal vra, waaronder die stand van sake met die voormalige Air Namibia-werknemers. Hy eis antwoorde oor hul skeidingspakkette en hoeveel werkers reeds die betalings ontvang het. Hy wil ook weet waar die bates van die redery is.