Tshwane se korrupte verkeersamptenare moet ondersoek word

Bewerings van wangedrag deur metropolisielede in Tshwane en ander stede in Suid-Afrika is aan die toeneem. Die Personeelvereniging vir die Motorbedryf het lig gewerp op gevalle waar amptenare motoriste opdrag gee om onmiddellik boetes te betaal vir beweerde oortredings. Dit is egter later ontdek die geld is na die lede se persoonlike rekenings oorgeplaas. Die woordvoerder, Sonja Carstens, sê die kommerwekkende neiging dui op die behoefte aan verdere ondersoeke en maatreëls om die kwessie rondom korrupsie aan te pak: