Stap saam en skop kanker in sy alie
Die Kankervereniging van Namibië hou sy jaarlikse Nasionale Kankerstaptog op 1 Julie in verskillende dorpe regoor die land. Pathcare Namibia het kragte met die vereniging saamgesnoer en 60 000 Namibiese dollar geskenk vir die geleentheid. Kaartjies is by vereniging se hoofkantoor beskikbaar en die stap begin by Eros Winkelsentrum in die hoofstad. Die hoof uitvoerende beampte, Rolf Hansen het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.