Shikongo reageer op korrupte beamptes

Die inspekteur-generaal van die Namibiese Polisie, Joseph Shikongo het gereageer op bewerings van wangedrag deur metropolitaanse polisielede in Tshwane en ander stede in Suid-Afrika wat aan die toeneem is. Amptenare gee volgens die berigte motoriste opdrag om onmiddellik boetes te betaal vir beweerde oortredings. Dit is egter later ontdek die geld is na die lede se persoonlike rekenings oorgeplaas. Shikongo sê die tipe gedrag is onaanvaarbaar en die publiek moet die amptenare aankla.