Omstrede Xinfeng hoor uitspraak vandag
Die Windhoekse hoërhof het die uitspraak in die Xinfeng Investments-uitdaging tot vandag uitgestel. Die Chinese maatskappy betwis die onttrekking van sy mynlisensie deur die minister van myne en energie, Tom Alweendo. Xinfeng het die hof op ‘n dringende basis genader en gevra om die minister se besluit met onmiddellike effek nietig te verklaar. Alweendo het die mynlisensie teruggetrek en beweer dat Xinfeng nie eerlik was in sommige dele van die aansoekproses nie. Hoërhofregter Ramon Maasdorp sou na verwagting Maandagmiddag uitspraak lewer, maar dit was egter nog nie gereed nie.