Olie styg effe, kommer oor Rusland, Saoedi-Arabië
Die prys van Brent ru-olie het vanoggend in Asiatiese markte effe gestyg as gevolg van vrese oor onstabiliteit in Rusland sowel as stygende vraag in die VSA as gevolg van die somervakansie wat aangebreek het. Teen ses-uur plaaslike tyd vanoggend, het ‘n vat teen net onder 75 Amerikaanse dollar verhandel. Kenners meen dat daar moontlik ‘n risiko premie op Russiese olie geplaas kan word omdat konstante, stabiele verskaffing moontlik onder druk kan kom. Russiese olie is steeds, ondanks sanksies, in die internasionale mark. Daar is ook kommer oor die besnoeiings wat Saoedi-Arabië in Julie in werking sal stel. Die land het ‘n produksieverlaging van 1 miljoen vate daagliks aangekondig. Hy het ’n olieprys van ten minste 80 Amerikaanse dollar per vat nodig om sy fiskale verpligtinge na te kom.