Nog ‘n saak in verband met West Nest-brand gemaak
‘n Verdere saak is by die Witvlei-polisie aanhangig gemaak in verband met die verwoestende brand by die West Nest Lodge verlede Maandag. Terwyl niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie, duur die ondersoek voort. Daar was ‘n inbraak by die lodge in die hoofgebou en na verskeie goedere gesteel is, het die rower die plek brand gesteek. Die skade word beraam op net meer as 1 miljoen Namibiese dollar, en dit net vir die los goedere in die gebou en nie die gebou self nie. Die lodge-eienaar, Awie van der Westhuizen, het intussen sy dank uitgespreek aan lede van die gemeenskap wat bystand gebied het om die brand onder beheer te bring. Hy het ook die lodge se lojale gaste bedank vir hulle volgehoude ondersteuning.