Net 15% van werkers-organisasies kom wetgewing na
Die adjunkminister van arbeid, Hafeni Ndemula, sê vertragings in alternatiewe geskilbeslegting plaas druk op werkplekverhoudings, maatskappyfinansies en produktiwiteit. Sedert die instelling van alternatiewe geskilbeslegting deur die Arbeidswet van 2007, het die Kantoor van die Arbeidskommissaris beduidende bydraes gelewer om harmonieuse arbeidsverhoudinge te bevorder. Maar, daar is talle uitdagings met werkgewers en werknemers wat nie ‘n duidelike begrip van die versoenings- en arbitrasieproses het nie. Van die 61 entiteite, wat vakbonde en werkgewers-organisasies is, kom net 15 persent alle reëls, regulasies en wetgewing na wat groot kommer wek, veral in die nadraai van die pandemie met baie hoë werkloosheid.