Namibiërs is redelik ongelukkig maar Zimbabwe is baie erger

Die 2023 Wêreld Gelukkigheidsindeks is gepubliseer en Namibiërs blyk om redelik ongelukkig te wees. Uit die 146 lande wat gepeil is het Namibië die 120ste posisie behaal met ‘n indeks van 4,46 uit 10. Die indeks word op faktore soos die land se ekonomie, lewensverwagting en ander aanwysers van lewenskwaliteit bepaal. Suid-Afrika is 85ste geplaas met Botswana wat uiters swak gevaar het in 138ste plek. Die gelukkigste lande is Finland, wat eerste gekom het, gevolg deur Denemarke, Ysland, Israel en Nederland. Afghanistan is die ongelukkigste land ter wêreld gevolg deur Libanon in tweede laaste plek en Zimbabwe, wat die derde ongelukkigste land ter wêreld is.