Magashule beweer Rupert het rol in sy skorsing gespeel
Die ANC se gewese sekretaris-generaal Ace Magashule beweer die omstrede miljardêr-sakeman Johann Rupert het ‘n rol gespeel in sy skorsing uit die party. Die ANC se nasionale tugkomitee het hom vroeër die maand geskors nadat hy skuldig bevind is dat hy die party se reëls en grondwet oortree het. Magashule sê hy sal binnekort meer oor sy skorsing bekend maak: