Etosha se paaie: Baie word gesê maar geen tender in 5 jaar nie
Die toestand van die paaie in Etosha Nasionale Park bly in die nuus. Terwyl die omgewingsministerie sê hy het 136 miljoen Namibiese dollar in die afgelope vier jaar bestee om die park se paaie te verbeter, sal talle toeroperateurs nie saamstem nie. Die ministerie se direkteur van beplanning en tegniese dienste Boas Erkki het toegegee dat besoekers aan die park verskeie dele vermy omdat die paaie so sleg is. Die huidige fokus is die paaie in die westelike deel van die park wat in die middel van die jaar voltooi sal wees maar die padskrapers wat op die oomblik vir die instandhouding gebruik moet word is almal stukkend. Volgens die Tender Bulletin, is daar in die afgelope vyf jaar geen tenders uitgereik vir die instandhouding van die park se paaie nie en ook geen tenders vir die herstel van die padskrapers nie.