Ace sê hy het steeds ‘n politieke loopbaan
Die voormalige sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, sê hy het steeds hoë agting vir die party. Hy is sy lidmaatskap ontneem nadat die ANC se nasionale dissiplinêre komitee bevind het hy het sy grondwet oortree deur die party se President, Cyril Ramaphosa, in Mei 2021 te probeer skors. Magashule sê hy is nie klaar met politiek nie en sal sy volgende stap aankondig nadat hy met die ANC se leierskap vergader het. Hy het ook ontken dat hy die EFF verwerp het: