Verkiesingsgeweld glo in Sierra Leone

Soldate het die hoofkwartier van die hoof-opposisieparty in Freetown in Sierra Leone omsingel waar stemme getel word ná die presidensiële verkiesing. Die leier van die opposisieparty, die APC, Samura Kamara sê skerppunt-ammunisie is op die gebou afgevuur terwyl hy besig was met ‘n mediakonferensie. Kamara word beskou as die enigste opposisie-kandidaat wat moontlik die President Julius Maada Bio kan ontsetel. Die APC beweer dat sy verteenwoordigers in drie verkiesingsdistrikte aangeval en geïntimideer is. Die verkiesingskommissie het ook aangedui dat van sy amptenare aangerand of geïntimideer is. Verkiesingsuitslae sal na verwagting in die komende dae bekend gemaak word.