Twee van vyf vermeende gewapende rowers vasgetrek
Twee van die vyf verdagtes is in Greenwell Matongo in hegtenis geneem nadat hulle ‘n gewapende rooftog vanmiddag in Auas View Park in Demontestraat in die Auasblick-woonbuurt in Windhoek uitgevoer het. Na bewering het die vyf gemaskerde mans, gewapen met vuurwapens en messe by die slagoffers se huis ingebreek, hulle met ‘n vuurwapen aangehou en met kabels vasgebind. Hulle het onder meer ‘n Ford Ranger- dubbelkajuitbakkie ter waarde van 470 000 Namibiese dollar, juweliersware, ses selfone, ‘n skootrekenaar en kontant van 51 000 gesteel. Die totale waarde van die gesteelde goedere is volgens die Namibiese polisie 655 200 dollar. Die gesteelde wit Ford Ranger is verlate op die B1-pad teruggevind. Daar is beslag gelê op die wegkom-voertuig en 10 300 van die kontant is in die sak van een verdagte gevind.