Tennis: Alcaraz nou nommer eenJune 26, 2023

Tennis: Carlos Alcaraz het sy eerste grasbaan-titel opgeraap en is weer die wêreld se nommer een nadat hy die Queen’s Klub-kampioenskap in Londen gewen het. Die Spanjaard het die Australiër Alex de Minaur met 6-4 en 6-4 geklop om sy vyfde ATP-toertitel van die seisoen in te palm. Alcaraz en die Rus, Daniil Medvedev, het nou hierdie seisoen elkeen reeds vyf ATP-toertitels gewen. Alcaraz, wat die top-gekeurde manspeler by Wimbledon sal wees, sê dis ‘n wonderlike gevoel om sy naam omring saam met dié van groot kampioene op die Queen’s trofee te sien.