SA leeu-eienaars moet voor 21 Julie aanmeld

Die Suid-Afrikaanse departement van bosbou, visserye en die omgewing se departementele taakspan doen ‘n beroep op leeu-eienaars om teen 21 Julie aan te dui of hulle vrywillig die bedryf vir leeus in aanhouding wil verlaat. Dit sal op ‘n ten volle vertroulike grondslag hanteer word, sonder enige verpligtings. Die span se voorsitter, Kam Chetty, sê dit volg na ‘n aanbeveling van die hoëvlak-paneel oor aangeleenthede rakende die bestuur, teel, jag en hantering van olifante, leeus, luiperds en renosters.