Rugby: Junior bokke berei voor vir stryd teen Italië
Rugby: Die afrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, sê hulle gaan aan hul verdediging en vaste fasette werk, voor hul tweede wedstryd teen Italië in die Wêreld Onder-20 Rugby-kampioenskap wat Donderdag in die Wes-Kaap gespeel word. Suid-Afrika het sy eerste wedstryd Saterdag teen Georgië 33-23 gewen. Nhleko sê die ondervinding wat hulle opdoen deur toetse te speel en die intensiteit daarvan, sal die groep net beter en beter laat word soos die toernooi vorder.