Ongelukke in Oos-Kaapse paaie weens aanhoudende reën  June 26, 2023

Die Oos-Kaapse LUR vir vervoer, Xolile Nqatha, doen ‘n beroep op padgebruikers en motoriste om uiters versigtig te wees weens aanhoudende reën oor die meeste dele van die provinsie wat ‘n toename in motorongelukke veroorsaak. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, sê ‘n volgelaaide minibustaxi het naby Graaff-Reinet omgeslaan, en twee lewens geëis terwyl agt mense beseer is. Hy sê ander ongelukke is aangemeld in gebiede soos die N2 naby die Kei-uitgrawings, Gqeberha en Humansdorp.