NCCI bekomerd oor impak van internasionale geopolitiek

Die president van die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid, Bisey Uirab spreek sy kommer uit oor die impak van internasionale geopolitiek op handel en beleggings. Uirab sê volgens internasionale standaarde plaas die situasie Namibië en sy klein ekonomie in onstuimige waters. Die president van die handelskamer doen dus ‘n beroep op alle belanghebbendes om ‘n samewerkende benadering te volg om die land se ekonomie deur die storm te stuur.