Namibiese regering doodstil oor Rusland

Die Namibiese regering is doodstil oor die situasie in Rusland. Die ministerie van buitelandse betrekkinge het nog geen amptelike standpunt oor die naweek se opstand in Rusland gegee nie. Die uitvoerende direkteur in die ministerie, Penda Naanda, wou geen kommentaar oor dié kwessie aan Kosmos 94.1 Nuus lewer nie. Die Wagner-huursoldate se hoof, Yevgeny Prigozhin, wat voorheen lojaal was aan Putin, het die naweek met sy soldate na Moskou opgeruk. Volgens die Kremlin is ‘n ooreenkoms met die huursoldate bereik om die opstand te beëindig. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke kommentator, dr. Ndumba Kamwanya gepraat oor die Namibiese regering se stilswye en standpunt ten opsigte van Rusland…