Kokaïen van R12,8 miljoen op hawe gekonfiskeer

Die Suid-Afrikaanse polisie probeer bepaal wat die oorsprong en bestemming is van dwelms ter waarde van 12,8 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat in die Oos-Kaapse hawe van Ngquara in Algoabaai in beslag geneem is. Grenspolisie-beamptes het die 32 blokke kokaïen in ‘n leë vraghouer ontdek. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die vraghouer sou vrugte van Suid-Afrika na die Verenigde Arabiese Emirate vervoer het.