Koeël bedoel vir bruilof-bees, tref man in borskas

‘n Skietvoorval by die King Kauluma-nedersetting naby Oshivelo in die Oshikoto-streek het ‘n huwelik-seremonie vooraf bederf. Dit spruit uit ‘n 46-jarige man wat voor die bruilof beeste in die kraal geskiet het vir die seremonie. Volgens die Namibiese polisie het die koeël bedoel vir ‘n bees, ‘n 20-jarige Namibiese man in die regterkant van sy borskas getref. Die slagoffer is ernstig beseer en na die Oshivelo-kliniek geneem vanwaar hy ‘n na die Tsumeb-staatshospitaal oorgeplaas is. Hy is in ‘n stabiele toestand. Die 46-jarige verdagte is in hegtenis geneem vir die nalatige afvuur van ‘n vuurwapen.