Griekse premier vir tweede termyn ingehuldig

Die leier van die Nuwe Demokrasie-party in Griekeland, Kyriakos Mitsotakis sal later vandag vir ‘n tweede termyn as eerste minister ingehuldig word. Sy konserwatiewe party het 40,5 persent van die steun ontvang in gister se verkiesing, en 158 van die 200 setels in die parlement gewen. Die Syriza-party, wat Griekeland van 2015 tot 2019 regeer het, het net minder as 18 persent van die stemme ontvang. Mitsotakis se party het ook ‘n verkiesing in Mei gewen, maar het nie ‘n volstrekte meerderheid in die parlement bekom nie, wat gister se herverkiesing genoodsaak het. Mitsotakis sal na verwagting ook later vandag sy nuwe kabinet aankondig.